 |
Ephesians 1:8 He has showered his kindness on us, along with all wisdom
and understanding. (NLT)
Terwyl ek hier sit en skryf, reën dit saggies. Dit is nie gietende reën nie; dit is ook nie reën wat kom en gaan nie; dit is net ‘n konstante neersif van water uit die hemel uit. Dit voel vir my of die hemel se beker net oorloop. Dit laat my dink aan Efesiërs 1:8 in die New Living Translation: “He has showered his kindness on us, along with all wisdom and understanding.”
Is dit nie mooi nie? Is dit nie wat ons almal so nodig het aan die begin van ‘n deurmekaar en onseker 2025 nie? Hy skenk ons Sy oorvloedige genade, Sy wysheid en Sy insig.
Ek wil jou vandag daaraan herinner dat ons Vader dit vir ons dwarsdeur 2025 gaan gee, maar ons moet uit ons skuilings kom, ons sambrele laat sak, ons reënjasse uittrek en tyd maak om hierdie seëninge wat Hy beloof het, te geniet en te benut. Ons moet elke dag ons “emmers” uitsit om wysheid uit Sy Woord “op te vang”. Ons moet tyd saam met Hom spandeer om insig van Hom te bekom.
Kom ons leef in die “piering” van die hemel, dat ons die seëninge kan ervaar wat vanuit die hemel oorloop, want: “He has showered his kindness on us, along with all wisdom and understanding.”
Retha de Villiers
| |
Wêreldbiddag vir Vroue - 7 Maart 2025
|
 |
Op 7 Maart 2025 bied Revive Our Hearts South Africa weer ons jaarlikse Wêreldbiddag vir Vroue aan. Wêreldwyd vind hierdie spesiale gebeurtenis al sedert die negentiende eeu op die eerste Vrydag van Maart plaas. Ons sien uit na 'n spesiale tyd van gebed, wetende dat ons hande vat met baie ander vroue wat wêreldwyd saam sal bid. Die oggend sal begin met 'n boodskap van Jannie de Villiers, voorsitter van die Revive Our Hearts-direksie. Daarna sal ‘n interaktiewe gebedsgeleentheid volg. Ons glo dat die geleentheid jou sal bemoedig en dat 'n effektiewe impak in die Koninkryk van God sal hê.
Hierdie geleentheid word in Engels aangebied en sal aanlyn plaasvind. Die Zoom-skakel sal op versoek beskikbaar wees, sowel as op ons WhatsApp-groep op die dag van die geleentheid. Vir meer inligting kontak ons gerus by sainfo@reviveourhearts.co.za.
| |
Welkom in die span
|
 |
Ons is verheug en vol blydskap om die nuutste lid van die ROH SA-ambassadeurspan welkom te heet: Duduzile (Dudu) Masedi. Dudu, jy is absoluut ‘n antwoord op gebed, en ons kan nie wag om die pad saam met jou en jou pragtige gesin te stap nie. Mag jy vinnig tuis voel.
|
|
Dans en Sing vir Jesus
|
 |
Tannie Christine |
Een van my gunsteling herinneringe uit my kinderdae is ek en my boeties wat in die sitkamer ronddans. Ons het partymaal selfs bo-oor die banke gespring terwyl ons saam met ons gunsteling kinderlofliedere gesing het. Hierdie tye van lofprysing het 'n fondasie in my verhouding met die Here gelê, en dit is hoe ek op Jesus verlief geraak het. Dit is waarom ek begin het om kinderliedjies te skryf en op te neem en die bediening Tannie Christine Ministries begin het. Ek het pas vyf splinternuwe Afrikaanse liedjies vrygestel, met lekker dansbewegings en woorde propvol Bybelse beginsels.
Vandag wil ek elke mamma en ouma aanmoedig om geleenthede vir kinders en kleinkinders te skep om lofprysing in die huis te doen. Volg die skakel hieronder vir die Tannie Christine YouTube-kanaal waar al die liedjies en dansvideo’s gratis beskikbaar is.
Laat die kindertjies na Hom toe kom en niks sal hulle skei van die liefde van Jesus nie.
Gerdie Christine Duvenage
Tannie Christine Ministries
|
Tannie Christine YouTube-kanaal
|
 |
| |
Gebedsversoeke |
die gebede van die Wêreldbiddag vir Vroue 'n kragtige uitwerking sal hê (Jakobus 5:16); die boodskap van die Wêreldbiddag vir Vroue die doel van die Here mag vervul (Jesaja 55:11); en
die Here ROH SA sal toerus met alles wat goed is sodat ons Sy wil kan doen. Mag Hy deur Jesus Christus in ons tot stand bring wat vir Hom aanneemlik is (Hebreërs 13:21). |
 |
|
|
|