 |
Terwyl Hy by Moses verbygaan, roep die Here: “Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig,
vol liefde en trou." Eksodus 34:6
|
 |
Ons hoor dikwels dat daar ‘n groot verskil tussen godsdiensbeoefening en ‘n verhouding met God is, en tog neig ons as gelowiges so dikwels om in godsdienstigheid te verval. Ons stiltetyd word so maklik ‘n item op ons to-do list wat dikwels ondertoe en ondertoe geskuif word. Ons voel skuldig as ons nie by die kerk uitkom of as ons nie iets vir die bedelaar gee nie.
Ek het onlangs ‘n handgeskrewe nota op sosiale media gelees wat die verskil tussen verhouding en godsdiens so mooi verduidelik het:
Religion - I messed up. My Dad is gonna kill me.
Gospel - I messed up. I need to call my Dad.
Ek wil jou aanmoedig om weer opnuut te gaan dink oor jou verhouding met die Here. Het jy ‘n warm, intieme verhouding met jou hemelse Pa? Het jou eerste liefde begin verflou? Of is jy besig met godsdiensbeoefening terwyl jou Vader met ope arms verlang dat jy weer na Hom toe moet kom? Indien wel, wil ek jou aanmoedig: CALL YOUR DAD! -Retha de Villiers
|
|
Vrou…deur God geskep
|
 |
Vrou… deur God geskep is ‘n studie om God se unieke plan met vrouwees te ontdek – Sy plan wat soveel anders as die van die wêreld lyk. Die videoreeks van 15 sessies, met ‘n gepaardgaande handleiding, delf dieper in die Woord om te ontdek hoe God ons as vrou geskep het en hoe Hy unieke eienskappe van Homself in ons ingeweef het, sodat ons Sy beeld waarlik hier op aarde kan uitdra. Die handleiding bevat inligting, uitdagende persoonlike- en groepbesprekingsvrae en nuttige hulpbronne om die studie werklik sinvol en prakties te maak. Hierdie studie is ideaal vir Bybelstudiegroepe, enige vrouekleingroepe of vrouebedieninge in gemeentes.
| |
|
 |
Getuienis van Charleen Osborne
|
“I am grateful to have participated in this 15-session series, Vrou… deur God geskep, within a small Bible study group. I managed the content, even though my home language is English. I absolutely loved the series.
The topics discussed were meaningful, clear and impactful, solidifying my understanding of what a privilege it is to be a woman in God’s Kingdom here on earth and to represent Him as best I can in my role as wife to my husband, mom, to my daughter and son; and as an active member within our community to other woman, by His grace, mercy and strength. Thank you!” Charleen Osborne
| |
Terugvoer: Verlore Geliefde Uitdaging
|
 |
Tydens Meimaand het ROH SA ‘n 30-daggebedsuitdaging, Bid Vir Jou Verlorene, aangebied.
Die uitdaging is daagliks op WhatsApp-groepe in beide Engels en Afrikaans uitgestuur. Ongeveer 262 vroue het aan die Afrikaanse uitdaging deelgeneem. Die ROH SA-span vertrou dat elkeen 'n spesiale tyd van gebed gehad het en dat jy gegroei het in jou vertroue op die Here vir jou verlore kind of geliefde.
Indien jy graag jou getuienis wil deel oor wat die Here tydens die uitdaging gedoen het of tans besig is om te doen, sal jy asseblief so vriendelik wees om dit vir ons per e-pos te stuur na sainfo@reviveourhearts.co.za?
Die boekie is beskikbaar teen R150, aflewering uitgesluit, en kan bestel word deur ‘n e-pos te stuur na sainfo@reviveourhearts.co.za.
|
| |
Uitnodiging!
|
 |
Jy is genooi!
Sluit by ons aan vir ons Take Heart! God is faithful-vrouekamp – ’n naweek van saamwees, lag, oordenking en geestelike verfrissing! Kom geniet ’n program wat spesiaal vir jou beplan is.
📍 Pure Joy Guest Lodge, Roodeplaat, Pretoria 📅 26 – 28 September 💵 R2 200 p.p. (deel ’n kamer) – Die bedrag is afbetaalbaar en sluit etes en akkommodasie in.
Ons is tans besig met die inhoud, beplanning en program en weet dat daar iets besonders op elke vrou wag! Ons hoop jy sal hierdie spesiale geleentheid aangryp om die naweek saam met ons deur te bring.
As jy self nie die kamp kan bywoon nie, maar graag iemand anders wil borg om te gaan, sal dit opreg waardeer word.
Vir besprekings of borge, kontak ons gerus by sainfo@reviveourhearts.co.za.
|
| |
ROH SA se Ambassadeursopleiding en Spanbou
|
 |
 |
 |
| |
ROH SA vier hul 9de verjaarsdag! |
ROH SA 9 Jaar op 10 Junie 2025 ‘n Roeping vir Vroue tot Vryheid, Volheid en Vrugdra in Christus Nege jaar van moed,
Nege jaar van genade - Pioniers met doel en vuur, Wat lig bring in elke laan en straat. Retha, dapper en getrou,
Met medestigters aan jou sy, Julle het vroue geroep na vryheid, Waar waarheid en hoop bly. Van gefluisterde gebede tot berge geklim,
Het julle in harte en denke gesaai, ’n Bediening wat blom Volgens Christus se ontwerp en plan - Volheid en vrugdra hand aan hand.
Nege jaar van kettings breek, Nege jaar van hoop verhoog, ’n Susterkring van krag, Onder God se wyd uitgestrekte boog.
Dankie vir die visie, Die passie en die sorg, Vir elke vrou wat julle roep, In vryheid se heilige borg.
Mag die pad vorentoe Met nuwe lig besaai, En Christus se liefde Deur elke siel bly waai.
Gelukkige 9de Herdenking, ROH Suid-Afrika ‘n Roeping vir Vroue tot Vryheid, Volheid en Vrugdra in Christus
|
 |
| |
Gebedsversoeke | 1.
"Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon!" — Psalm 133:1 Hemelse Vader, ons kom na U toe met harte vol dankbaarheid vir die kosbare tyd wat U aan ons geskenk het tydens ROH SA se Ambassadeursopleiding en spanbou. Dankie vir die eensgesindheid, bemoediging en vreugde wat ons in U teenwoordigheid ervaar het. Mag die saad wat in hierdie tyd geplant is, oorvloedig vrug dra, en mag die vuur van toewyding aan U Koninkryk helder brand in elke hart.
2. "Die Here hét groot dinge aan ons gedoen; ons was bly." — Psalm 126:3
Here, ons staan in verwondering en dankbaarheid oor U wonderbaarlike voorsiening die afgelope nege jaar. U was ons Onderhouer, Voorsiener en Herder. U was altyd getrou, in voorspoedige en uitdagende tye. U het deure oopgemaak, mense gestuur en die nodige hulpbronne voorsien om U dogters met liefde en waarheid te dien.
Ons dank U vir elke siel wat geraak is, elke hart wat verander is en elke getuienis. Aan U alleen kom al die eer toe, want dit is U werk, en ons is maar te dankbaar om deel daarvan te wees. Mag die volgende seisoen selfs meer vrug dra en mag ons nooit ophou om verwonderd te wees oor U goedheid nie.
3.
"Ek sal vir hulle 'n hart gee om My te ken, dat Ek die Here is." — Jeremia 24:7 Vader, ons lig die vrouekamp wat vir September beplan word op na U en vra vir U hulp met elke detail. Ons bid vir die span wat voorberei. Vul hulle met wysheid, eenheid en passie. Mag U Gees hulle lei in elke besluit, en mag hulle werktuie wees van U deernis en kreatiwiteit.
Ons bid ook vir elke vrou wat U roep om by te woon. Begin nou al om haar hart aan te raak. Breek deur enige muur van vrees, twyfel of besig-wees. Berei die grond van hul harte voor sodat hulle ‘n diep ontmoeting met U sal hê en ‘n blywende verandering sal ervaar.
|
 |
|
|
|